Mimosa Kook

 

Mimosa Kook

Posted by VLV in Mimosa Tak 20 Apr 2015

Sirkel:  Kalahari

Tak:  Mimosa

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  Erika Linde

Datum:  20 April 2015

 

 

20150420_114709 (Custom) (2)

 

 

Dames van Mimosa het  hul vergadering by Villa Brocant Gastehuis in Vryburg aangebied. Petie Pretorius, die sjef van die gastehuis, het ‘n demonstrasie van ‘n wintersvoorgereg aangebied. Hy het ondermeer genoem dat mens graag in die winter iets warms wil voorsit.

 

Hy het ‘n klein lasagne in ‘n diep muffinpan gemaak en genoem dat die indiwiduele gereggies ook as ligte middagete voorgesit kan word.

 

Eerstens word die muffinpan gespuit. Daarna sny hy lasagnevelle wat hy vir ‘n halfuur in kookwater geweek het in vierkante. Hy voer dan die muffinpannetjie met drie of vier blokke uit. ‘n Geurige bolletjie maalvleis met ‘n enkel strook spek rondom word dan in die gevoerde pannetjie geplaas. Nou kan ‘n lekker witsous of geurige tamatie-uie sous daaroor gegiet word. Smaaklike gebraaide sampioene in botter gebraai met ‘n tikkie knoffel by word ook opgesit en dan ‘n lagie grof gerasperde cheddar kaas.

 

Dit word dan in die oond gebak vir 15 tot 20 minute by 180 * Celsius. Hy het ook genoem dat die maalveis afgewissel kan word met vis. Dit word dan met enige gepaste garnering versier, op ‘n bord gesit en ingedampte balmatiese sous word rondom gesprinkel.

 

Almal kon daaraan proe en dit was heerlik geurig.

Post a comment

nine + three =