Middelland wenners

 

Middelland wenners

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 30 Apr 2020

 

Sirkel: Middelland

Konferensie

Studierigting: Leefstyl en Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Marlene Erasmus

Datum: 30 April 2020

 

Ons weet dat kompetisies nou nie eintlik almal se passie is nie, maar daar is tog baie lede wat oor ongelooflike vaardighede beskik en daarom is dit vir hulle lekker om aan die kompetisies deel te neem. Hierdie jaar, tydens ons Sirkelkonferensie, het die dames weer die geleentheid gekry om hul vaardighede ten toon te stel.

 

Om ‘n kompetisie artikel op die tafel te sit gebeur nie sommer oornag nie. Daar word dae, weke en selfs maande lank beplan aan hoe die eindproduk moet lyk.  Belangrike besluite en keuses oor die geskikte materiaal, wol, patroon, steke en selfs blom word gemaak.  Watter kwas en verf gebuik moet word vir die geskikte eindresultaat, en uit watter hoek ‘n spesifieke boom afgeneem moet word.  Die beplannig van so ‘n artikel neem baie tyd in beslag en dan… as jy uiteindelik met alles tevrede… is, dan eers kan jy daaraan begin werk.

 

Dankie is ‘n klein woordjie met ‘n groot betekenis en daarom sê Sirkel Middelland DANKIE aan elke dame wat so hard en met sorg aan elke artikel en kunswerk gewerk het.  Die  beoordelaars moes hul storie ken tydens die onderskeie beoordelings.  Ongelukkig, as gevolg van die Covid-19 virus en noodtoestand waarin ons ons tans bevind, sal hierdie artikels nie meer teen dié van ander Sirkelwenners by Kongres kan meeding nie, maar ons is nogtans baie trots op die handewerk van die lede van Sirkel Middelland.

 

 

       

 

 

 

 

                             

 

 

 

 

 

 

                           

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply