Met ‘n dankbare hart. . .

 

Met ‘n dankbare hart. . .

Posted by VLV in Announcements 27 Aug 2014

Dit is ‘n behoefte van my hart om elke liewe Hoofbestuurslid, elke liewe VLV-lid hartlik te bedank vir die groot geskenk wat ek tydens Kongres van u ontvang het. Ek sal vir my iets tasbaars koop wat my elke dag sal herinner aan dierbare VLV-vriendinne dwarsoor Kaapland.

 

Baie dankie ook vir individuele sms’e, e-posse, telefoonoproepe, kaartjies en geskenke van u ontvang. Ek staan werklik in verwondering en ek besef dat dit wonderlik is om so baie VLV-vriendinne te kan hê en ek sal dit koester!

 

Dit was ‘n groot voorreg om President van so ‘n fantastiese Organisasie te kon wees met sulke wonderlike en meelewende lede!

 

Ek groet u met Jeremia 29:11:

 

Ek weet wat ek vir julle beplan, sê die Here: 

voorspoed en nie teenspoed nie; 

Ek wil vir julle ʼn toekoms gee, ʼn verwagting!

 

Erika Lubbe

 

 Erika 2

 

 

  • June Smit September 1, 2014 at 7:50 pm / Reply

    Net een woord FANTASTIES

Post a comment

5 × three =