Met liefde aanmekaar gewerk

 

Met liefde aanmekaar gewerk

Posted by VLV in News, Suider-Paarl Tak 21 Jun 2018

Sirkel: Paarl

Tak: Suider-Paarl

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Elsa Hanekom

Datum: 20 Junie 2018

 

Ducky Botes (Sameroeper:  Landbou en Tuinbou) gee ‘n paar tuinbou wenke.

Wintergroente, soos spinasie, kool en ertjies kan nou aangeplant word.  Dit is beter om plantjies te koop as om te saai, dit dra vinniger.

Blomme soos vuurpyle moet met blomme aangekoop word – dan kan jy presies sien hoe die blomme lyk.

Snoei plante terug voordat dit water kry.  Doen dit vroeg in die oggend tussen 08:00 en 12:00.  Die gesnoeide stukkies kan weer ingelê word vir nuwe plantjies.  Hou dit klam.

Japonikas moet in suurgrond staan, dan verloor dit nie hul blomme so vinnig nie.

Ons is dankbaar vir die milde reën wat ons in die Weskaap ontvang het.  In sommige gebiede is dit nog baie droog en ons hoop hulle sal ook verligting kry.

Die hoofonderwerp van die oggend was ‘n naaldwerk-werkswinkel aangebied deur Tia Dixon (Sameroeper:  Naaldwerk).

Die doel van die werkswinkel was:

om as taklede saam te werk en ‘n klaar produk te lewer wat uitgeloot gaan word.  ‘n Takprojek!!

om meer te leer oor kwiltwerk. Selfs op ‘n eenvoudige wyse kan ‘n mooi en effektiewe artikel geskep kan word.

om herwinning te bevorder.  Geen lap is gekoop nie.  Al die lede het stukkies afvallap, kant, lint, knopies ens. gebring waarvan almal kon gebruik maak.

om bymekaar te leer, raad te gee en idees uit te ruil om ‘n mooi stukkie werk te skep.  Op hierdie wyse word eenvormigheid en vriendskappe onder ons lede bevorder.

Tia het aan elkeen ‘n 30 x 30 cm lappie uitgedeel en almal het begin om aan hul kwiltlappies te werk.  Lede het hul ontwerpe op hul lappies vasgeryg en Tia gaan al die lappies aanmekaar sit om ‘n kwilt daarvan te maak.  Die kwilt sal later in die jaar uitgeloot word ter stywing van die takke se fondse.

Tia is een van die twee lede in die tak wat nou onlangs haar beoordelaarseksamen geslaag het.  Die tak is baie trots op haar en Berta Spangenberg met hul prestasie.

 

 

 

Wilma Kock en Marie de Villiers werk saam aan ‘n lappie.

 

 

 

 

 

 

 

 

Half voltooide lappies en natuurlik ‘n bordjie eetgoed vir energie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Kwilt in wording.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Hester Smit

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

             Cecile van der Spek en Miriam Knoetze

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Elaine Joubert

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Ely Brown en Margret Albertyn geniet ‘n koppie tee.

 

 

 

  Suider-Paarl in ‘n ontspanne luim.

 

 

 

 Elsa Gous en Maureen Barnard werk aan hul lappies.

 

Post a comment

three × two =