Menswees

 

Menswees

Posted by VLV in Goodwood Tak, News 26 Aug 2014

Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 26 Augustus 2014

 
goodwood

Marlene le Roux en Hanna Albertyn(sameroeper)

 
Marlene le Roux,  direkteur van Gehoorontwikkeling en Opvoeding aan die
Kunstekaap, het die storie van haar lewe met ons kom deel.  Vir haar
is die wonder van menswees dat jy nie die toekoms kan sien nie.  Met
haar pragtige stem (sy spog darem met ‘n B Mus) lei sy ons met die
sing van Ps.23 – ‘n hoendervleiservaring!

 
Ons is geneig om te vinnig te oordeel – wees liewer “kind like
Christ”.  Sy onthou uit die verlede haar ouma se geloof en al die
liefde wat sy in haar kinderjare ontvang het.  Sy onthou hoe die armes
alles gedeel het sonder om terug te verwag.  Die vroue uit haar
verlede het haar geleer om geloof uit te oefen en om vir ander om te
gee.  Ons is mekaar se vangnette.

 

In Memoriam

goodwood 2

Emmie van der Merwe  02.05.1940 – 12.08.2014

 
Emmie van der Merwe, ‘n klein, fyn mensie en ywerige lid, het op 12
Augustus 2014 op 74-jarige ouderdom gesterf.  Die lede sal haar as ‘n
nederige vrou onthou – altyd met ‘n glimlag, ‘n wonderlike
persoonlikheid en dienende hande.
Ons eer haar nagedagtenis!

Post a comment

10 − two =