Mengelmoes

 

Mengelmoes

Posted by VLV in Bonnievale Tak 11 Sep 2014

Sirkel:  Worcester

Tak:  Bonnievale

Portefeulje: ‘n Mengelmoes van kennis en inligting.

Beriggewer: Gesina de Wet

Datum:  11 September 2014

 

 

Ina Herder, ‘n graad 11 leerder bring die vergadering in die regte stemming deur twee liedjies te sing.  Gesina de Wet bring hulde aan die legendariese Ollie Viljoen en vertel meer van sy lewe.

 

 

bonnievale

 

 

Patrick Roseveare, eienaar van die plaaslike Spar, gesels oor vervaldatums op produkte en vra dat lede enige probleme onder die aandag van die bestuurder sal bring.

 

 

bonnievale1

 

 

Mari van Rensburg, van Ashton, vertel van die projek waarmee sy en haar man, Riaan, in samewerking met World Vision, ‘n christelike organisasie, besig is.  Sy wys die babawiegie van karton wat ‘n gewig van tot 120kg kan dra.  Dit word aan minderbevoorregte moeders in staatshospitale waar World Vision betrokke is,  gegee.  Op die wiegie word ‘n klomp boodskappe oorgedra, onder andere; was gereeld hande, borsvoed is belangrik, gaan gereeld vir die baba se inentings, ens.  Tienduisend van die wiegies is al in die land uitgegee.  Een van die doelwitte van die wiegie is om aan ‘n baba ‘n veilige plekkie in ‘n gewoonlik te vol huis te gee.  Die Departement van Gesondheid het nou by die projek betrokke geraak. Die ma van ‘n vierling het ‘n onvoorwaardelike geloof in haar Skepper en voer met groot liefde die opdrag wat Hy aan haar gegee het uit.

 

 

Eunice Pieterse beklemtoon die belangrikheid daarvan om die biljet in medisyne verpakkings te lees. Behalwe al die ander relevante inligting is dit ook belangrik om te lees van die moontlike newe efekte.  Sy lig ook tien baie belangrike redes uit hoekom mens soms moeg en tam is, onder andere die lewer wat nie reg werk, geestelike moegheid, hartprobleem, inflimasie, ens.  Die belangrikste is om liewer ‘n dokter te gaan sien.  Siende dat ons in die wynwêreld bly, gee sy ook ‘n paar goeie redes hoekom ‘n glasie wyn elke aand goed is, soos om infeksies te beveg en die are oop te hou.

 

 

bonnievale2

 

 

Bonnievale tak is baie ingestel op herwinning en lede moes iets bring wat gemaak is van herwinde materiaal.  Die idees was baie kreatief en Elmarie le Roux het gewys hoe om geskenksakkies van suikersakkies te maak en afgesnyde plastiek koeldrankbottels om plakkies in te bêre.

 

 

bonnievale3

 

 

Surene Bruwer, ‘n partytjie beplanner vertel van alles wat sy doen. Die rede vir die gebruik van en hoe om “chalk paint” te gebruik, word bespreek en die resep om jou eie goedkoop weergawe te maak, word gegee.

 

 

Steve Hofmeyer, ‘n man van vele talente se lewensgeskiedenis word vertel om by die Stem uit te kom. Die pragtige gedig deur C.J. Langenhoven en getoonset deur M.L. de Villiers word op 2 Mei 1957 as die amptelike volkslied aanvaar.     Nkosi sikelel’ iAfrika is vanaf 1996 ons nasionale lied en Gesina de Wet lees die Afrikaanse weergawe, wat eintlik ‘n pragtige gebed is, voor, om die vergadering af te sluit.

 

 

Post a comment

3 × three =