Meganisasie in Landbou

 

Meganisasie in Landbou

Posted by VLV in News, Villiersdorp Tak 07 Aug 2015

Tak:  Villiersdorp

Sirkel:  Overberg

Portefeulje:  Landbou&Tuinbou

Datum: 7&8 Augustus 2015

Beriggewer:  Hermien Van Zyl

 

 

Gedurende die naweek van 7&8 Augustus het die tweejaarlikse ekspo van die WesKaapse Veteraantrekkerklub op Villiersdorp plaasgevind. Vanjaar is die ontwikkeling van landboutegnologie beklemtoon, en wanneer die VLV-lede nie in die kombuis vir die innerlike gesorg het nie, kon hulle vir kinders en kleinkinders gaan wys het hoe het die landbou-implemente van desjare gelyk. VLV-lede ondersteun die plaaslike Veteraantrekkerklub waarvan ‘n hele paar van hulle mans lede is, en neem graag besoekers na die museum waar hierdie ou implemente en engins op permanente uitstalling is.

 

 

DSCN3553 (Custom)

Staatmakers Monica Roux, Mareen de Wet(sekretaresse), Johlene Viljoen(voorsitter) en Sarie Joubert in die kombuis besig.

 

 

DSCN3546 (Custom)

‘n Houtbakdorsmasjien, ‘n staalbakdorsmasjien, ‘n ou sandstroper en ‘n nuwe stroper vertel die verhaal van oes-ontwikkeling in die graanbedryf.

 

 

DSCN3542 (Custom)

Hierdie uitmuntend gerestoureerde 1936 Massey Harris Pacemaker was die oudste by die Massey-uitstalling.

 

 

DSCN3534 (Custom)

Hulde is ook gebring aan die ikoniese Lister-enjin wat op hoeveel plase water gepomp en krag opgewek het. Hierdie een het rondom 1900 water uit die Riviersonderend gepomp.

Post a comment

4 + fourteen =