Meer oor tuisversorging

 

Meer oor tuisversorging

Posted by VLV in News, Porterville Tak 04 Oct 2019

 

Sirkel:  Weskus

Tak:  VLV Porterville

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Louwna Hoving, lhoving@telkomsa.net

Datum:  3 Oktober 2019

 

TUISVERSORGING:

Maria Whittles deel haar passie rakende tuisversorging met die VLV.  Twee van haar helpers, Shireen Wessels en Natasha Karolus toets die lede se bloedsuiker en neem hulle bloeddruk.

 

 

Tuisversorgingsopleiding word moontlik gemaak deur buitelandse befondsing.  Die Hoofkantoor is in Piketberg gesetel en het sowat 12 jaar gelede begin as Bergrivier NPO met drie takke:  Velddrif, Porterville en Piketberg.

 

Die dienste is in drie groepe verdeel, naamlik kroniese medikasie, babaklinieke en opleiding vir tuisversorgers.

Kroniese medikasie

  • Advies en medikasie vir kroniese pasiënte met diabetes, hipertensie, asma en epilepsie.
  • Probleme word dikwels ondervind omdat medikasie uit voorraad is.

Babaklinieke

  • Ondersteuning aan swangervroue en moeders met babas
  • Borsvoedinghulp en voorligting

Tuisversorging sluit die volgende dienste in aan goedgekeurde pasiënte

  • Hulpverlening aan TB-, HIV, Asma, Diabetes en Hipertensiepasiënte
  • Toediening van inspuitings
  • Was- en reiniging van verswaktes
  • Wondversorging
  • Voorkomende- of basiese sorg, maar hulle moet verwys word deur ‘n dokter of die kliniek. Die gevalle word geëvalueer.
  • Terminale/kroniese gevalle.

 

Daar word ook saamgewerk met fisioterapeute, arbeidsterapeute en dieëtkundiges.

Die gebruik van drank, dagga is ‘n groot probleem, asook molestering en mishandeling.

Persone met bloeddruk- of gewigsprobleme kan vir gratis diens kom al is hulle nie pasiënte van die groep nie. Die klinieke word 5 tot 6 keer per jaar op verskillende datums aangebied.

 

Tuisversorgers ondergaan gereeld toetse as hulle met TB-pasiënte werk en dra maskers om hulself te beskerm.

 

Vlnr: Shireen Wessels, Martel Fourie (Saamroeper), Ray Wilton (Visevoorsitter), Maria Whittles en Natasha Karolus

Leave a Reply