Meer oor Parkinson se siekte

 

Meer oor Parkinson se siekte

Posted by VLV in Kraggakamma, News 10 Apr 2019

Sirkel: Middelland

Tak: Kraggakamma

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Margaret van der Mescht

Datum: 9 April 2019

 

By ons Paasvergadering deel Elsie Slabbert  haar ervaring oor die versorging van haar man wat Parkinson se siekte het. Dit is nie altyd `n maklike pad nie en jy as versorger word emosioneel en liggaamlik gedreineer.

 

Parkinson se siekte is `n progressiewe neurologiese toestand. Dit is `n breinafwyking wat jou geleidelik spierbeheer laat verloor. Dit tas die pasiënt se vermoë aan om te beweeg en te praat. Die siekte beïnvloed ook die gemoed, gedrag en denke. Die simptome is aanvanklik lig.  Meer mans as vroue word met die siektetoestand gediagnoseer.

 

In gesonde mense stuur senuselle `n boodskap deur neurotransmitters na die liggaam, maar in mense met parkinsonsiekte word die boodskappe versteur en nie egalig na die spiere gestuur nie. Dis wanneer die lyer nie die bewegings kan beheer nie. Een van die redes is dat die selle wat dopamien vervaardig, agteruitgaan. Daar is ook vele nie-motoriese simptome soos moegheid, depressie en slaapversteurings by lyers. Dinge soos ouderdom, virusse, genetiese- en omgewingsfaktore word ook as oorsaak genoem.

 

Die siekte kan nie genees word nie maar word met die toedien van medikasie behandel. Dit is belangrik om by `n ondersteuningsgroep in te skakel. Besoeke aan arbeids- en spraakterapeute is ook belangrik.

 

Omdat Elsie so nou betrokke is by die versorging van haar man, maak sy baie staat op ondersteuning van haar familie en vriende.

 

Irma Venter het ook `n gedig deur Sheila Cussons “Christ of the burnt men” voorgelees.

 

Elsie Slabbert,  Irma Venter en Sanita Landman, Gesondheid saamroeper.

 

 

 

 

 

 

 

Die Paasfees tema is deurgedra na die tafelversiering.

 

 

 

 

Post a comment