Meer oor Bonsai

 

Meer oor Bonsai

Posted by VLV in Hercula Tak, News 15 Mar 2017

 

Sirkel: Middelland

Tak: Hercula

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Marlene Erasmus

Datum: 14 Maart 2017

 

Mnr Mike Schut en sy vrou Jenny van die Port Elizabeth Bonsai Klub het by ons kom besoek aflê. Mike het met Bonsai begin in 1987. Hy is baie aktief betrokke by die bekendstelling van die kuns van Bonsai. Hy het Port Elizabeth al op Nasionale vlak by kompetisies verteenwoordig. Sy gunsteling styl is Landskappe met Bonsai. Hy demonstreer aan ons hoe hy ‘n landskep skep met sy Bonsaiboompie as fokuspunt. Hy neem gereeld aan kompetisies en uitstallings deel.

 

Mike en Jenny Schut.

 

Alhoewel die begrip van Bonsai, of penjing in China ontstaan het, is die groei van miniatuur boompies in houers spesifiek ‘n Japannese kunsvorm. Beide hierdie kunsvorms is al duisende jare oud. Daar word veral gebruikgemaak van tegnieke soos die uitdun van wortels, snoei, vermindering van blare en oorenting. Om ‘n lewendige, asemhalende kunswerk te skep. Jou mikpunt is om die bonsaiboom op te lei sodat dit die karaktereienskappe van ‘n ou boom het. Soms word van die takkies met draad gedraai om hulle te help om in ‘n verlangde rigting te groei. Hy maak ook graag gebruik van lava grow dust omdat dit soveel meer minerale as gewone grond bevat. Die volgende bome is geskik vir bonsaikuns. ‘n Wilde olyf, die Natal-pruim, die koraalboom, krematartbome en selfs die kareeboom.

 

 

 

 

Mike se landskap met die Bonsai as fokuspunt

 

Mike en sy vrou is albei baie entoesiasties oor hierdie kunsvorm en nooi die lede uit om hul vergaderings by te woon. Vergaderings vind op die tweede Saterdag van die maand plaas by die Sherwood Bonsai Klub.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Daar was ook ‘n pragtige uitstalling van tuinboeke, tuingereedskap en wenke om jou tuin te beplan om aan te pas by die droogte.

    

Uitstalling

Post a comment

fourteen − eight =