Medisyne, oorplantings en inentings word bespreek

 

Medisyne, oorplantings en inentings word bespreek

Posted by VLV in Bonnievale Tak, News 08 Jun 2018

Sirkel: Worcester

Tak: Bonnievale

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Gesina de Wet

Datum: 7 Junie 2018

 

 

Nico  van der Merwe, apteker van Bonnievale, praat oor medisyne wat oor die toonbank gekoop kan word. Dit is baie belangrik om te weet dat die misbruik van die medisyne gevaarlik kan wees en ook tot gesondheidsprobleme kan lei. Dit is ook baie belangrik om eerlik met jou apteker te wees oor watter medisyne jy reeds gebruik, veral voorskrif medisyne, wanneer jy vir hom medisyne oor die toonbank vra. Selfs die gebruik van aanvullings moet met die apteker bespreek word.

 

Hy verduidelik ook wat die verskillende skedules medisyne beteken en hoe die proses werk om nuwe produkte op die mark te bring. Hy stel lede gerus oor die gebruik van generiese medisyne en sê dat die bedryf baie gesond is in Suid-Afrika, want dit word baie goed deur die Mediese Raad gekontroleer.

 

Thinus Loyd van Robertson, vertel van die pad wat hy gestap het totdat hy een en ‘n half jaar gelede ‘n nieroorplanting ondergaan het. Gedurende 2010 het hy ‘n mediese ondersoek ondergaan vir ‘n polisverandering. Die ondersoek het sy hele lewe op sy kop gedraai. Daar is toe bevind dat hy ernstige nierprobleme het. Na baie jare van laagtepunte in sy gesondheid het hy ‘n nier van een een van sy susters ontvang.

 

Sy lewe het weer teruggekeer na “normaal” en dit gaan baie goed met sy gesondheid en nuwe nier. Hy lewe weer ‘n vol lewe, ry al 20km fiets, werk weer voltyds in sy besigheid en leef ‘n lewe van groot dankbaarheid aan sy Hemelse Vader vir die kans wat hy gegun is. Die was nie net ‘n gesondheidspraatjie, maar ook ‘n wonderlike getuienis van geloof en ‘n liefdevolle Vader wat hom nog‘n kans gegee het.

 

Hetta Meiring beklemtoon die noodsaaklikheid van inentings van kinders. Die mite dat dit outisme bevorder het baie skade gedoen en het ook tot gevolg dat kinders onnodig aan ernstige kindersiektes blootgestel word. Sy lees statistiek voor oor hoe navorsing bewys het dat kindersiektes afgeneem het nadat entstowwe daarteen ontwikkel is.

 

Nico van der Merwe, apteker van Bonnivale, praat oor medisyne wat oor die toonbank gekoop kan word.

 

 Thinus Loyd gesels oor sy nieroorplanting.

 

Post a comment

5 × five =