Medisinale en ander gebruike vir die plante in jou tuin

 

Medisinale en ander gebruike vir die plante in jou tuin

Posted by VLV in Hantam Tak 12 Sep 2014

Sirkel:   Namakwaland

Tak:   Hantam

Portefeulje:  Landbou & Tuinbou

Beriggewer:  Janine Brynard

Datum:  12 September 2014

 

 

Daar woed gereeld vuurwarm debatte oor die veiligheid en effektiwiteit van die kruie en plante wat al donkie-jare gebruik word om allerhande kwale en skete gesond te dokter.  Die feit is dat hierdie alternatiewe, tradisionele middels dalk nie wetenskaplike getoets is nie, maar wel deur geslagte vertrou word.

 

 

Die ironie is, dat baie van vandag se chemies vervaardigde medikasie hierdie plantaardige materiaal in die samestelling daarvan het.  Die chemiese middels werk heelwat vinniger, maar het dikwels ook meer newe-effekte.  Hoe dit ookal sy en wat jou voorkeur ookal is, daar is meer opsies vir jou om jou spesifieke probleem aan te spreek, as om bloot net ‘n pilletjie of ‘n stropie oor die toonbank te gaan koop.

 

 

Die mees bekende en gewilde kruies en plante, wat in ons tuine groei, kan op velerlei maniere aangewend word.  Nellie Alberts het haar kennis, ervaring, wenke én selfs haar plantjies gedeel met Hantam VLV se dames, tydens Ilizna van Schalkwyk se Landbou- en Tuinbouvergadering.  Dit sluit in suurlemoene, wat antisepties en antibioties is, vir keelseer;  knoffel, ook antisepties en anti-inflammatories vir rumatiek en baie ander kwale; wynruit en wildeals vir letterlik enigiets van hoofpyn, maagpyn en ander pyne;  spekbos om bloedsuiker laag te hou;  duisendblat vir koors, maagpyn en om bloeding te stop;  artisjokke om lewerskade te herstel en cholesterol te beheer; balsem kopiva vir enige vel-irritasie en sonbrand; mint en suurlemoen verbena vir spysverteringsprobleme en winderigheid; vinkel vir koliek;  perskeblare om wonde skoon te maak; kankerbos het bloedsuiwerende eienskappe, kan lewerskade herstel en spysvertering gesond hou; gemmer vir naarheid, kaneel, borrie, naeltjies en tiemie vir legio ander kwale en, helaas, katoenlaventel wat ‘n goeie insekweerder is en vismotte weghou.

 

 

Ons wêreld se wonderlik, unieke veld en ons tuine is apteke vol medisyne.  Al wat jy moet doen is om dit te pluk en te gebruik – dis vry en verniet.

 

 

hantam2

 
Nellie Alberts, bekende plantkundige van Calvinia, het tydens Ilizna van Schalwyk se Landbou & Tuinbouvergadering raad en wenke gegee aan die Hantam VLV-dames, om die plante in ons veld en tuine te gebruik vir alledaagse kwale, pyne en probleme.

 

  • Ronell August 25, 2016 at 7:16 pm / Reply

    Hi Nellie. Ek het in n artikel gelees mens kan n roos steggie in kaneel druk en dan in n medium grootte aartappel indruk en dit dan plant. Is die kaneel n bewortelings medium

Post a comment

1 + 3 =