Matriekdogters

 

Matriekdogters

Posted by VLV in Victoria-Wes 19 Sep 2015

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Victoria-Wes

Portefeulje:  Openbare sake

Beriggewer:  Elize Perrin

Datum:  19 September 2015

 

 

Soos dit jaarliks die gebruik is, het die plaaslike VLV weer die matriekdogters op 19 September onthaal.  Al die dogters is met bederfpakkies op hul sitplekke verwelkom.

 

Nadat me. Vermeulen die verrigtinge geopen het, het me. Perrin ‘n motiverings-boodskap oorgedra.  Sy het ook aandag gegee aan die werkloosheidsprobleem in ons land en dogters aangemoedig om na entreperneurs-moontlikhede te kyk.  Meer inligting oor onder andere dagsorg, spyseniering en  skoonmaakdienste is gegee.

 

Daarna het me. Elza Olivier, ‘n opvoeder by Victoria-Wes Akademie, die leerders toegesing.  Gelukkige trekkings het daarna plaasgevind.

 

Met die kommerwekkende getal vroue wat jaarliks aangerand en verkrag word in gedagte, is selfverdedigingswenke aan die dogters gegee.  ‘n Tegniek of twee om hulself in so situasie te verdedig, is ook gedemonstreer en onderling geoefen.

 

Me Monica Scholtz het ook vir die leerders ‘n maklike poffertjie resep verduidelik. Min bestanddele is daarvoor nodig en die resep is baie ekonomies.  Daarna het me. Olivier afgesluit met “I have a dream” voordat die laaste gelukkige trekkings gedoen is.  Toe was dit tee-tyd en almal kon lekker saam kuier.

Nadat die gaste vertrek het, is die Openbare sake vergadering afgehandel en sake van belang bespreek.

 

SANYO DIGITAL CAMERA

Van die matriekdogters saam met me. Elza Olivier (staande agter)

 

Post a comment

9 − one =