Marion-eiland

 

Marion-eiland

Posted by VLV in Kraaifontein, News 24 Jul 2014

Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kraaifontein

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer:  Ita van der Merwe

Datum:  24 Julie 2014

 

 

Kraaifontein1

 

 

Die vergadering was baie interessant en insiggewend.  Mnr David Hartzenberg wat lid is van die Suid-Afrikaanse span navorsers op Marion-eiland het ons kom toespreek.  Die span bly vir 13 maande op die eiland waartydens daar op verskillende gebiede navorsing gedoen word.  Bo en behalwe dat daar weerkundiges is wat die weer bestudeer, is daar ook navorsers van voëls en  seelewe soos die robbe en plante.

 

 

kraaifontein3

 

 

Hulle behuising is op stelte, wat diep in die grond ingesink is, gebou. Die reuse kragopwekkers sorg vir voldoende krag vir die eenheid.  Daar is ontspanningsgeriewe, soos ’n goedtoegeruste gimnasium en ’n basies toegeruste mediese eenheid.  Alle voedsel vir die 13 maandelange verblyf word saamgeneem van die vasteland af.  Vleis word bevrore geneem, maar groentes en so aan is gedroog om beter bewaar te bly.  Alle vaste rommel word weer saam teruggeneem en op die vasteland van ontslae geraak. Daar is ongeveer ’n maand of twee se sonskyn gedurende die jaar, want dit is byna altyd mistig op die eiland. Daar is geen hoë bome op die eiland nie, want die wind is te sterk.

 

 

Kraaifonten4

 

 

Die navorsers van veral die voëls en seelewe voer toetse uit en samel inligting in vanoor die hele eiland. Daar is oornaghutte met die basiese toerusting en geriewe toegerus, aangesien die navorsers soms dae lank veldwerk doen.

 

Die mense loop altyd met ’n lang stok en waterstewels omdat daar plekke is wat moerasagtig en baie nat is. Daar kan ’n mens soms tot by jou knieë of dieper insak en dan is die stok nodig om jou te help uitkom.

 

 

Kraaifontein

Post a comment

6 + 5 =