Maria Stofberg fotobeeld

 

Maria Stofberg fotobeeld

Posted by VLV in Maria Stofberg Tak, News 07 Mar 2014

Sirkel: Worcester

Tak: Maria Stofberg

Portefeulje: Vele

Beriggewer: Susan Engelbrecht

Datum: 6 Maart 2014

 

Die bestuur het ‘n interessante potpourri-vergadering aangebied.

Magriet van der Merwe (heel regs), sameroepster van Leefstyl, wys hoe om goedkoop geskenke self te maak bv. prente te lamineer, met ‘n mooi strik vas te maak en as plekmatjies te gee; ‘n teekous te hekel; ‘n koevertjie met ‘n boodskappie en ‘n teesakkie binne in; klein blikkies wat geverf en versier is met lyntjies, blommetjies ens; skinkbordlappies wat met fyn stekies borduur is met ‘n kantjie om; ‘n sysagte teenet wat uitgewerk is met ‘n gehekelde kantjie om.

Gerda van der Vyver, sameroepster van Kunste en Handvlyt, demonstreer hoe om krale van papier te maak.

Martina Fouche lig die dames in oor “brain gym”. Die brein is so ‘n belangrike orgaan van die liggaam dat dit die nodige oefening moet kry. Nie alleen help blokkiesraaisels en sudoku  nie, maar ook is daar fisiese oefeninge wat die brein stimuleer.

 

Deelname aan die kompetisies was baie goed: ‘n versierde papiersak wat dien as ‘n geskenksak; ‘n brilsakkie van materiaal; neut-en peerbrood; meringues en loof uit jou tuin.\

Suzette se fleur met skoen

 

Die marktafel is goed ondersteun, en het gekreun onder die vrugte en groente uit die lede se eie tuine; asook tuisgebak en allerhande snuisterye .

Post a comment

ten + thirteen =