Madibadag

 

Madibadag

Posted by VLV in News, Victoria-Wes 19 Jul 2014

Sirkel: Noord- Karoo

Tak: Victoria-Wes

Datum: 18 Julie 2014

Beriggewer: Elize Perrin

 

Ten spyte van ‘n geniepsige windjie, het ‘n paar lede ook hul deel  bygedra om  iets vir die gemeenskap te doen. Om tien uur het die dames die hospitaal besoek waar hul ‘n kaartjie en sop aan die personeel oorhandig het. Dit was ‘n dankie-sê vir die diens wat in die gemeenskap verrig word.

 

Daarna is oorgeskuif na die plaaslike kliniek. Hier het nie net die personeel sop en broodjies ontvang nie, maar ook die pasiënte wat gewag het vir medikasie en/of behandeling.

 

18072014326

Elma Visagie en Monica Scholtz saam met van die hospitaal se personeel.

Post a comment

18 − eleven =