Maak ‘n verskil onder die jeug

 

Maak ‘n verskil onder die jeug

Posted by VLV in Calvinia Tak, News 14 Feb 2018

Sirkel: Namakwaland

Tak: Calvinia

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Annica van Greunen

Datum: 13 Februarie 2018

 

Calvinia VLV het op 13 Februarie 2018 hul eerste vergadering vir die jaar gehad. Francois Heunis het bietjie met die dames oor die Karoo Jeugstigting (KJS) kom gesels. Francois het aan die dames vertel dat die hoofdoel van die Stigting is om ‘n verskil te probeer maak onder die jeug. Hulle probeer hard om die jongmense te help om eendag suksesvol te wees. Hulle spits hulself toe op sport en opleiding en probeer daardeur die leerders bereik en stimuleer.

 

Daar was heerlik gekoek en tee met ‘n Valentyns atmosfeer in die lug. Tydens die aand se verrigtinge was daar ook sommer ‘n ligte, interne Valentynskompetisie van mooi goedjies onder die dames gewees en Kani Parker met haar mooi rooi hartkoek het die kompetisie gewen.

 

Martie Obermeyer besig om vir Francois Heunis te bedank na die praatjie

 

 

 

Kani Parker se Valentynskoek (wen item)

 

           

 

 

Valentynsitems vir die interne kompetisie en beoordeling

 

 

 

 

 

 Kani Parker,  wenner van die Valentynsitems

 

 

 

 

 

Post a comment

one × two =