Maak my mooi!

 

Maak my mooi!

Posted by VLV in Herbertsdale Tak 19 May 2015

Sirkel:  SWD

Tak:  Herbertsdale

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  Emsie Marx

Datum:  19 Mei 2015

 

2.Grimering (Custom)

Emsie Marx speel proefkonyn vir die grimeerles.

 

Die gasspreker is Sandra Jordaan.  Sy is ‘n voorkomskonsultant van George.  Sy deel ‘n paar interessante wenke met die vroue.  Sy benadruk die feit dat elke vrou pragtige innerlike gawes het.  Wees elke dag positief i.p.v. negatief.  Negatiewe persone stoot ander mense weg terwyl positiewe mense ander nader trek.  Die manier waarop ons met ander mense kommunikeer, is ook deel van ‘n vrou se mooiwees.

 

1.Sandra (Custom)

Gasspreker Sandra Jordaan.

 

Grimering is iets wat vroue binne een minuut wil doen!  Dit kan gedoen word, mits jy weet hoe en wat!  Asseblief:  nooit te veel onderlaag nie! Jou wenkbroue is die raam vir jou gesig, en pluk eerder te min van jou wenkbroue as te veel.  Wat lipstiffie betref, bly weg van kleure wat te veel blink.  Kies ‘n haarstyl wat by jou gesigvorm pas.

 

Mode:  vra jouself altyd af of ‘n uitrusting jou vlei.  Maak tydlose uitrustings interessant met bykomstighede soos juweliersware en serpe.  Sorg altyd vir ‘n netjiese wit hemp in jou klerekas, asook ‘n duursame baadjiepak.  Belangrik:  die mode stem nie altyd saam met jou figuur nie.  Ken jou style en weet wat by jou pas.

 

4.Serp (Custom)

 

Serpe word getoon op model Rene Craft.

 

‘n Deugsame vrou kyk nie net na haar huishouding, man en kinders nie, maar sy versorg haarself ook!

 

 

Post a comment

2 + eleven =