Luisterryke verjaarsdag

 

Luisterryke verjaarsdag

Posted by VLV in News, Strand Tak 20 Aug 2014

Sirkel: Kaapstad

Tak: Strand

Saamroeper: Jossie van Schoor

Beriggewer:  Annemarie Skibbe

Datum: 19 Augustus 2014

 

VLV-Strand het haar 83ste verjaardag luisterryk gevier. Die tafels was pragtig versier met blou en silwer en oral het liggies geflikker.

 

Die begaafde Lourens Fick het klavierspel van hoogstaande gehalte gelewer.  Ons sal sy loopbaan dophou – daar wag ’n blink toekoms op hierdie jong student.

Ons was bevoorreg om vir Karel & Petro Trichardt as gaskunstenaars te hê.  Ons het behoorlik aan hul lippe gehang en geskater van die lag.

 

Op die foto is Karel,  Erna Kruger (wat die item geborg het),  Petro en Jossie van Schoor.

Post a comment

ten − four =