Louwna kuier in Graafwater

 

Louwna kuier in Graafwater

Posted by VLV in Graafwater Tak, News 02 Sep 2011

Portefeulje: Leefstyl / Kunste & Handvlyt

 

Die Leefstyl en Kunste & Handvlyt Saamroepers het gesorg vir ‘n propvol program toe, Louwna Hoving, President van Sirkel Weskus, Graafwater tak besoek het.

 

Carol Loubser het huishoudelike wenke gedeel met die lede en ‘n baie interressante uitstalling gehad van verskillende fokuspunte in ‘n vertrek. ‘n Blommerangskikking is nie noodwendig altyd nodig nie. Leë bottels, flesse, klippies, krale en selfs ‘n mooi nekdoek kan gebruik word.

 

Amanda Maritz het haar pragtige selfgemaakte quilt duvet, handsak en muurbehangsels vertoon.

 

Tertia van Zyl het boeke soos o.a. Vier Seisoene van Wilna Adriaanse en Hoogty, geskryf deur E.Kotze, vir lede aanbeveel. Sy het ook ‘n voorlesing gedoen oor die “verstrooide vrou”. Hoe gebeur dit dat jy om 08h00 loop om die plant te gaan natmaak en teen 20h00 is hierdie plant nog steeds droog. Is dit verstrooidheid, ouderdom of bloot omdat ons net te veel dinge, op pad na die plant, raaksien wat gedoen moet word?

 

‘n Paar jeugdiges van die plaaslike gemeenskap het gesorg vir groot vermaak toe hul die rieldans uitgevoer het onder leiding van Avril Heine.

 

Die vergadering is afgesluit met tee en heerlike verversings, nadat Elize ‘n geskenk namens die lede aan Louwna oorhandig het.

Post a comment

3 × two =