Lezelda de Klerk besoek Vryburg

 

Lezelda de Klerk besoek Vryburg

Posted by VLV in Vryburg Tak 21 Oct 2014

Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Portefeulje:  Kuns en Handvlyt

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum:  21 Oktober  2014

 

 

Retha Lezelda Carien-M - Copy

 

 

Vryburg VLV was bevoorreg om besoek te ontvang van Lezelda de Klerk. Sy is gebore met phocomelia wat gekenmerk word deur die afwesigheid of misvorming van ledemate. Sy het geen arms nie, slegs onderbene en vier tone aan elke voet. Met haar postuur van net oor ‘n meter is daar baie uitdagings maar sy pak alles aan met entoesiasme.

 

 

skilder - Copy

 

 

Met Lezelda se geboorte het dokters gewonder of haar sig en gehoor normaal sal ontwikkel, maar haar ma was vasberade om haar potensiaal te ontwikkel. As kleuter het sy geleer om vuurhoutjies van die vloer op te tel en vandag kan sy eet, skryf en haarself grimeer met haar voete. Sy kan ook skryf en skilder met haar mond. Lezelda het aan Hope Home, ‘n skool vir ligaamlik gestremdes gematrikuleer waar sy ook hoofmeisie was. Hoewel sy nie kuns as vak gehad het nie, het sy na skool kuns aan ‘n technikon en kunsskool studeer.  Sy werk in olie-, water en akrielverf en spesialiseer in stillewes en natuurtonele. Sy is sedert 1989 lid van die Vereniging van mond- en voetskilders en het reeds talle uitstallings gehou. Lezelda ly ook aan bipolêre depressie en vind ‘n uitlaatklep in haar kuns.

 

 

skryf met voet - Copy

 

 

 

Groep - Copy

 

 

Retha Bouwer het voorbeelde van kerskranse en rame uitgestal en Carien van den Berg, president van Sirkel Kalahari, het lede begeester vir die toekoms.

 

Post a comment

19 − three =