Lesing oor voëls en hul habitat

 

Lesing oor voëls en hul habitat

Posted by VLV in De Aar Tak, News 12 Mar 2014

Sirkel: Noord Karoo

Tak: De Aar

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Patty van den Heever

Datum: 11 Maart 2014

 

Jurgens van den Heever van Philipstown is van jongs af lief vir die natuur, veral voëls. Hy het ‘n lesing  gelewer oor hulle interessante gewoontes. So is daar die Dubbelband Drawertjie wat in Suid Afrika se droë dele voorkom. Hy het ‘n eienaardige gewoonte: As hy kuikens het, en gevaar dreig, maak hy of sy vlerk gebreek is. Op hierdie manier lei hy die kat of jakkals se aandag af van sy kosbare familie.

Die Rooi Lewertjie is ‘n veldvoëltjie wat nêrens in die wêreld, behalwe in ‘n paar distrikte in die Karoo voorkom nie. Dis is De Aar se westekant, Britstown, Victoria Wes, Loxton, Carnarvon, Vanwyksvlei en Brandvlei.

Dan is daar die Europese Swaeltjie wat in massas op die Karoo se telefoondrade sit. Hulle kom van Swede en Wes-Siberië vanaf die helfte van September tot die helfte van Oktober. Hul keer dan weer Maart en Aprilmaande terug om weer te broei.

 

Patty van den Heever het n kort Tuinbou praatjie gelewer. Sy het op n platskermtelevisie,  foto’s uit haar eie, en haar  buurman se tuin, vertoon.  Meeste plaasvroue het nie permanente hulp in die tuin nie, dus moet die tuin maklik hanteerbaar wees. ‘ n Harde landskap is in die geval baie waardevol. ‘n Voorbeeld is mosaïektrappe en los stene wat rondgedra kan word as mens lus is vir n verandering. Sy het ook haar tuinhuisie van strooi gewys wat sy en twee werkers gebou het.

Patty het hierna gewys hoe om ‘n miniatuurtuintjie te begin. Dit is een van volgende jaar se kompetisie artikels. Sy het die oumas wat teenwoordig was, uitgedaag om vir hulle kleinkinders sulke houer- tuintjies te maak. Op hierdie manier sal dit dalk help om die jeug ‘n liefde vir tuinmaak te help ontwikkel as hy/sy verantwoordelik is vir die natmaak en versorging van sy eie tuintjie.

Post a comment

eighteen + 3 =