Lente

 

Lente

Posted by VLV in SIRKEL NUUS 25 Sep 2014

Sirkel:    Paarl

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 25 September 2014

 

 

paarl s

David (spreker), Marina Rall (Sirkelpresident),  Karen Barnard en Monica Geldenhuys (gasvroutak Wellington)

 

 

‘n Saal, gepak met dames, het met groot afwagting uitgesien na David Davidson, die organiseerder van die Suid Afrikaanse gedeelte van die jaarlikse Chelsea Blommeskou, se praatjie/sommer net lekker gesels.

 

 

Oorstroming, probleme met die trok se aflaai, nuwe beoordelaars, baie veranderinge, erge kompetisie, geen lewendige plante wat saamgeneem mag word nie en hoekom Suid Afrika na 33 jaar nie ‘n goue medalje gekry het nie, is maar ‘n paar onderwerpe wat hy aangeraak het.

 

 

Suid-Afrika se biodiversiteit is ‘n nasionale bate en die rol wat ons elkeen speel is lewensbelangrik. Chelsea gee ons land die geleentheid om dit aan die wêreld ten toon te stel en besoekers te lok na ons nege botaniese tuine.

 

 

Vanjaar het hulle hul inspirasie gekry uit vier verskillende omgewings nl:

1.  Die woudgedeelte in Kirstenbosch waar die nuwe ‘boomslang’ wandel’brug’ opgerig is. Die skelet van ‘n slang is omgedraai en dit      maak kronkels, hoog en laag, soos ‘n slang oor die bome.

2. Die Savanna habitat in Limpopo provinsie, met sy gemengde bosveld plantegroei in Mapungubwe Nationale Park. ‘n Hangstoel, in  die vorm van ‘n vinknes, het deel uitgemaak van hierdie area.

3. ’n Fynbostuin wat die groot verskeidenheid Kaapse Blomkoninkryk ten  toon stel.

4.  ’n Voorstelling van ‘n ongerepte en funksionele  ekostelsel geleë in ‘n bergkloofhabitat, soos Skeleton Gorge op Tafelberg

 

 

Hierby is op ‘n unieke wyse hulde gebring aan Madiba met ‘n groot portret van sy gesig, saamgestel uit fynbosblomme na ‘n brand in die Overberg.

 

 

Die jaarlikse besoek van die Koningin sorg altyd vir groot opwinding. ‘n Goue Mandela medalje is aan haar oorhandig.

 

 

Hierdie spreker het die dames so geinspireer om Kirstenbosch, te besoek.  Soms laat mens na om die goed in ons eie omgewing te besoek nl. Tafelberg en Kirstenbosch.

 

 

paarl s2

Hester Smit (Suider Paarltak) bedank spreker

 

 

Hester Smit wat die spreker bedank het, het aan hom drie ‘diamante’ oorhandig met die vraag “Waaraan word sukses toegeskryf?”. Aan die Lig van die Vader (insig en leiding), Liefde van die Seun (geduld, wysheid) en die Krag van die Heilige Gees (moed en durf vir elke uitdaging, want elke jaar se uitstalling moet iets nuuts wees!).

 

 

paarl s1

Koor van Bambi kleuterskool

 

 

Post a comment

3 × 5 =