Lente in die lug

 

Lente in die lug

Posted by VLV in Hofmeyr Tak, News 19 Sep 2011

Beriggewer: Teresa Opperman
Datum: 19 September 2011

 

Hofmeyr tak het tydens hul onlangse vergadering ‘n lentekonsert aangebied. 

Ds. Attie van Wyk, begaafde musikant van Cradock, het tydens die geleentheid opgetree. Die vergadering was Hofmeyr se jaarlikse ope vergadering, en talle gaste vanuit die dorp en distrik het die geleentheid bygewoon. Op die manier bemark Hofmeyr VLV hulself, en glo en vertrou dat nuwe lede mettertyd sal aansluit. 

 

Die tak is bevoorreg dat talle jong lede, met voorskoolse kinders, aktief vergaderings bywoon. Omdat Hofmeyr egter nie oor ‘n skool beskik nie, verlaat hierdie jong lede ongelukkig die VLV sodra hul kinders skoolgereed is. Die mammas moet op Maandae en Vrydae skoolkar ry, en kan dan nie nog ritte inpas om VLV vergaderings by te woon nie. 

Post a comment

four × one =