Lekker Kuiermiddag

 

Lekker Kuiermiddag

Posted by VLV in News, Prieska Tak 27 Jul 2017

 

Sirkel: Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Beriggewer: Erika Lubbe

Datum: 26 Julie 2017

 

Erelid, Freda van Niekerk, het as ‘n jong onderwyseres en pasgetroude in 1968 by VLV Prieska aangesluit. VLV Prieska het onder haar voorsitterskap diep spore in die gemeenskap getrap en die nalatenskap is oral in die dorp te sien: o.a. die speelparkie, kiosk in die karavaanpark en die swembad by die verpleegsterstehuis.

 

Freda was ook ‘n kranige hekelaar en het met haar hekelartikels pryse op Tak-, Sirkel- en VLVK-vlak behaal. Freda en haar man, Mundus van Niekerk – ‘n afgetrede prokureur van Prieska, verhuis binnekort Bloemfontein toe.

 

VLV Prieska verloor ‘n toegewyde en baie knap lid. Ons beste wense vergesel haar en haar eggenoot. Ons en Prieska sal hulle baie mis!

 

 

 

 

 

 

Freda van Niekerk se afskeidstee tydens die VLV-kuiermiddag

 

Voor v.l.n.r. Corrie Liebenberg, Voorsitter; Freda van Niekerk, Erelid; Erika Lubbe, VLVK-argivaris; Lulu van Wyk, Sekretaris; Theresa Swart, Saamroeper van Leefstyl; Samantha Groenewald; Jacobie Botha, Saamroeper Opvoeding en Kultuur.

Agter v.l.n.r. Nadia Muller, Saamroeper Openbare Sake; Marazaan van Jaarsveld; Anel Liebenberg; Cecilia Jacobs.

 

 

 

Post a comment

19 − 16 =