Leer ken Insekdoders

 

Leer ken Insekdoders

Posted by VLV in Citrusdal Tak, News 29 Jul 2015

Sirkel:  Weskus

Tak:  Citrusdal

Portefeulje:  Landbou & Tuinbou

Beriggewer:  Jolien Mouton

Datum:  29 Julie 2015

 

 

 

Julie-maand se tema is Landbou & Tuinbou.  Retha van der Merwe open vir die lede met ‘n dagstukkie oor “Glo en jy sal ontvang”.  As jy gewillig is om te bid sal God antwoord.

 

 

vlnr Annette Neethling, Minette du Toit, Francois van Tonder, assistent van Francois en Chris Grobbelaar (Agrimark Citrusdal se bestuurder) (Custom)

 

 

Francois van Tonder van Efekto kom vertel vir die lede van hul produkte wat hoofsaaklik vir tuingebruik is.  Efekto se produkte is gemerk deur verskillende kleure op hul verpakking, met ander woorde: BLOU – insekdoders; PERS – onkruiddoder en BRUIN – swamdoder.  Onthou om produkte altyd volgens instruksies te gebruik. Moenie verminder of vermeerder nie, die produk sal dan nie voldoende werk nie.  Onthou om altyd met handskoene en bril te werk as insekdoders gespuit word, was hande met louwarm water en seep na die tyd.  Onthou om produkte altyd te skud voor gebruik.  Spuit die produk slegs waar die probleem is.  Indien insekdoder op plante gespuit word, spuit die produk van onderaf boontoe, insekte is geneig om onder die blare te sit.

 

 

vlnr Astrid Basson, Jolien Mouton en Francois van Tonder (Custom)

 

 

Vir grasperke en roosbome is daar vir elk afsonderlike kunsmisprodukte.  Werk kunsmis in by die grond, dit sal meer doeltreffend deur die wortels opgeneem word.  Beenmeel help om die wortels sterk te maak.

 

 

Francois van Tonder (Custom)

 

 

Francois skenk 2 geskenke vir ‘n gelukkige trekking.  Astrid Basson wen ‘n tuinslang wat teen ‘n muur gemonteer kan word en Jolien Mouton wen ‘n buitelug-stort.  Francois is baie vrygewig en deel sommer so tussen die lede ook talle Efekto-produkte uit.

 

 

Alida Maarman (Custom)

 

 

Vir die 5-minute praatjie wys Alida Maarman die lede hoe om ‘n serp met arms en hande te brei.

 

 

Uitstalling Kunste en Handvlyt (Custom)

 

 

Kunste en Handvlyt het ‘n uitstalling van Astrid Basson se kaartjies wat gemaak is deur verskillende tegnieke.

 

 

 

Baie dankie aan Chris Grobbelaar van Citrusdal Agrimark (Kaap Agri) wat Francois as spreker gereël het.

Post a comment

16 − 2 =