Leefstyl simfonie

 

Leefstyl simfonie

Posted by VLV in News, Willowmore Tak 21 Sep 2016

 

Sirkel: Middelland

Tak: Willowmore

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Jackie Barnardt

Datum: 20 September 2016

 

Beatie van Dalen van Jansenville demonstreer die maak van ‘n  platbrood (Flat Bread) met interessante ‘toppings” soos gekaramaliseerde uie, ham of salami, groen vye, kersie tamaties, sampioene,  feta, cranberries en  brie. Brie moet jy eers opsit as die brood uit die oond kom. ‘n Platbrood is nie ‘n Pizza nie en die deeg moet met jou hande so plat as moontlik gedruk word. Vryf olyfolie en knoffel eerste op en dan die res.

 

willow5

Linette Botha, Beatie van Dalen, Helen Crause
Tooi jou tafel deur die gebruik van  silinders, blompotte en enige interessante  houers. Wees kreatief deur ornamente soos bv. hasies te gebruik. Interessante blikke en silwer teepotte kan as houers gebruik word. Ronde bakke met suurlemoen skyfies in is ook baie treffend. Beatie demonstreer  ook verskillende variasies vir ‘n Vintage tee. Vintage koppies  met ‘n klein rangskikking in kan hang aan ‘n  staander.

 

willow-0

willow-2

Beatie van Dalen by die Vintage koppies wat hang aan staanders

 

Beatie demonstreer die maak van plekmatte met “scrapbook” papier waar sy gebruik maak van stensil werk.

 

willo3

Foto 3:            Plekmatjies

 

Mev. Helen Crause het ‘n uitstalling van tafeldoeke en plekmatte en deel haar Tafeldoek stories. Daar was kanttafeldoeke van  Madeira , Brussels en Venisië  sowel as  Nanduti kant.

 

willow-4

Helen Crause

 

Jackie Barnardt demonstreer die maak van ganache en vertel meer oor die waarde van BALLS flesse en hoe jy die ouderdom  en waarde van hierdie ou inmaakflesse  bepaal. Google: Ball – History & Timeline vir meer inligting. Irene Colborne gee wenke vir preservering en Linette Botha  demonstreer die maak van ‘n oorgooi sjaal in ‘n kits sowel as ‘n  gehekelde sakkie waarin ‘n sepie hang aan ‘n buite kraan vir die manne.

 

willow-6

Bestuur 2017: Jackie Barnardt, Ansie Du Preez Adriana Theunissen, Riëtte Fourie, Andra Korff, Rita Voster,                                                                         Louretta Lötter (Amour Strydom afwesig)

Post a comment

14 + five =