Leefstyl hou die dames besig

 

Leefstyl hou die dames besig

Posted by VLV in Alexandria Tak 16 Apr 2015

Sirkel:  Middelland

Tak:  Alexandria

Protefeule:  Leefstyl

Beriggewer:  Dina Erasmus

Datum:  16 April 2015

 

4 (Custom)

“Kyk dames…. So borduur ons”

 

5 (Custom)

Siedaar.  Geborduurde borsspelde.

 

Die portefeule het die tafels pragtig versier met die tema van “Paastyd”.  Om Eskom te omseil brei elkeen `n eiermussie.  Waar is die dae toe ons gekookte eiers nog so genuttig het?  Toe trek die dames  die borduur- naalde en gares nader.  Die eindproduk moet `n borsspeld wees.  Anlouise verduidelik vir die dames nege borduursteke.  Elkeen het probeer om iets hiervan op die gegewe hessian vas te lê.  Sommige dames het na `n wyle met hul borsspelde gespog.

 

Die dames vou `n papierservet  sodat dit soos `n paashaas lyk onder leiding van Ursula. Die eindproduk kan op die paastafel gebruik word. Lede word ingelig op watter manier die gelowige deel mag wees van die “gewoonte” van paashasies en –eiers.

 

Toe daar weer lig in die saal is, geniet die dames `n verskeidenheid van brode en smere met teetyd.

 

6 (Custom)

Marliza demonstreer `n soet mosterd sous wat binne minute in die mikro gemaak kan word.

 

8 (Custom)

 

Rienie Pretorius bespreek die skrywers van die jaar, naamlik  Dan Sleigh en Irma Joubert, met die lede.  Die tak se “biblioteek” is weer opdreef, danksy Rienie.

 

2 (Custom)

Anlouise en haar Leefstylspan

 

7 (Custom)

Sharon demonstreer maklike en bekostigbare tafelversierings vir die paasfeestafel. Dit is altyd insiggewend om nuwe idees te sien.

 

 

  • Louise van Vuuren April 21, 2015 at 4:53 pm / Reply

    Besige bye! jammer ek het die byeenkoms gemis.

Post a comment

18 − 6 =