Leef gesond

 

Leef gesond

Posted by VLV in Goodwood Tak 16 Sep 2014

Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 16 September 2014

 

 

goodwood
Dr. Darren Green, ‘n geneesheer wat in neurologie gespesialiseer het, het die lede kom vertel hoe om hulle lewenskwaliteit te verbeter.  Hy
bedryf ‘n “Wellness Centre” en maak ook gereeld sy verskyning op SABC3.
Wat die geestelike sy van jou lewe betref, raai hy jou aan om ‘n gebalanseerde lewe te lei, deur meer aan die dinge wat waarde tot jou
lewe kan toevoeg, te dink. Wat is jou reaksie as daar onbeplande dinge in jou lewe gebeur?  Ons praat nie graag oor ons eie mislukkings nie, maar kan wel daaruit leer. Fokus eerder op mense wat ‘n positiewe invloed op jou lewe het, as op jou tekortkominge.
Wat die fisiese aspek van jou lewe betref, moet ons op ons slaappatroon, mobiliteit en dieët let.  Ons het ten minste 7 ure slaap nodig sodat ons brein optimaal kan funksioneer.  Ons moet aanhou beweeg – as jy nie jou gewrigte gebruik nie, droog dit uit; as jy nie jou spiere gebruik nie, verswak dit.  Stap is wonderlike oefening, en selfs beter as draf.  Wanneer jy draf, verloor jy spiere en vet, maar
wanneer jy stap, verloor jy net vet.  Eet gesond en voed jou liggaam met ‘n konstante bron van nutriënte.  Hy beklemtoon die belangrikheid van water en lae GI-voedsel.  Hy noem ook dat beroertes veroorsaak word deur o.a. ons westerse dieët – te veel verfynde suiker en vet, geblokkeerde bloedvate en hoë bloeddruk.

Post a comment

7 + one =