Lede versier kruisies

 

Lede versier kruisies

Posted by VLV in News, Victoria-Wes 24 Mar 2019

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Victoria-Wes

Portefeulje:  Kunste en Handvlyt

Beriggewer:  Elize Perrin

Datum:  23 Maart 2019

 

Na die opening het die dames geluister na die tak se Konferensieinskrywings vir Woordkuns.  ‘n Eerste en tweede plek is in dié  afdeling behaal. Die Kwaliteitskild is ook by Konferensie aan die tak toegeken.

 

Daarna het elke dame n houtkruisie ontvang om te versier.  Die kruisies sal vorentoe vir ‘n projek aangewend word.

 

Na tee is sake, soos die beplande Lentefees in September, bespreek. Daarna is die vergadering verdaag.

 

Die dames hard besig om hul kruisies te versier .

 

Post a comment