Langebaan word 13

 

Langebaan word 13

Posted by VLV in Langebaan Tak, News 09 Mar 2017

 

Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting: Opvoeding En Kultuur

Beriggewer: Yvonne Neethling

Datum: 8 Maart 2017

 

Die vergadering word geopen deur Edna Ballentine met Ps 91.

 

Elma Oberholzer moedig verjaarsdag vriendinne met mooi gedagtes aan vir die jaar wat voorlê.

 

Drie nuwe lede word verwelkom, een lid bedank agv verhuising. Langebaan se lidmaatskap staan nou op 113 lede.

 

Estelle du Plessis, Sirkel President, steek die kers aan ter viering van Langebaan Tak se 13de verjaardag wat op 4 Maart 2017 was.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Langebaan se verjaarsdag kerse.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die gasspreker, dr Mogamat-Ali Behardien, verduidelik hoe hy vanaf die Islam geloof gelei is deur die Heilige Gees tot by Christen wees en hoe hy dit as hulp-leraar van die VGK in Paarl-Oos daagliks beoefen.

Doktor Mogamat-Ali Behardien

Annalie Strydom word verwelkom as sameroeper van die Landbou en Tuinbou groep.

Annalie Strydom saam met Elize Kleynhans.

 

 

Die dames wat betrokke was by die Konferensie kompetisies op 1 Maart te Clanwilliam, ontvang elkeen ‘n koevert as blyk van waardering vanaf die Tak.

 

Kompetisie items van die dag se standaard was hoog en pragtig. Die dames het gewys waartoe hulle in staat is.

 

Die vergadering is op gepaste wyse met ‘n lekker koppie tee/koffie, verjaardagkoek en mooi tafels afgesluit.

 

 

 Die Groep wat reggestaan het van Opvoeding en Kultuur

 

Die kompetisies van die dag.

 

 

 

 

Die tafels was pragtig gedek en heerlike eetgoed is voorgesit aan die lede en gaste.

 

Post a comment

12 + one =