Langebaan tak hou partytjie ter viering van hul 10de bestaansjaar

 

Langebaan tak hou partytjie ter viering van hul 10de bestaansjaar

Posted by VLV in Langebaan Tak, News 13 Mar 2014

Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Charlotta van Eeden

Datum: 12 Maart 2014

Danspassies is uitgevoer deur leerlinge van Curo Privaatskool enTopolino Privaatskool Langebaan.

Hilary Nepgen (waarnemende voorsitter) en Hennah Greef (Sameroeper Kunste en Handvlyt).

 

Estelle du Plessis (Sirkel Weskus President) open die vergadering as stigterslid van ons tak.

 

Almal is in feesklere getooi en so ook ons saal en eetgoed/verversings. Gaste/lede word ontvang met druiwesap en sjerrie.

 

Rosa Lategan (voormalige Sirkel Weskus President) maak ‘n geskenkpakkie oop. Binne is die woord “vergifnis”.  Estelle deel met ons dat Jesus vergewe en vergeet en ons nie meet aan mense se standaarde nie. Ons moet terugkyk op ‘n mooi verlede, ons oë op die toekoms hou en vergifnis deel maak van ons lewe. Ons is dankbaar vir hoogtepunte die afgelope 10 jaar.  Haar wens is dat ons tak steeds sal groei in ledetal en dat die geur van vriendskap en liefde sal heers.

Voor sit: Estelle du Plessis (Sirkel Weskus President), Rosa Lategan (Voormalige Sirkel Weskus President) en Louwna Hoving (Voormalige Sirkel Weskus President).

 

Vonkelwyn word geniet ter viering van die10de bestaansjaar.  Daarna ontvang almal balonne en word dit in die hemelruim losgelaat.

Troebadoer Chris Rain vermaak ons met sy diep fuweelstem.

Post a comment

eighteen + 13 =