Langebaan leer meer van die hawe by Saldanha

 

Langebaan leer meer van die hawe by Saldanha

Posted by VLV in Langebaan Tak, News 12 Apr 2018

Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer: Yvonne Neethling

Datum: 11 April 2018

 

 SALDANHAHAWE:  Spreker:  Kaptein Brink

 

Kaptein Brink is 2014 aangestel as die hawemeester van die Saldanhahawe.

 

Die hawe is deel van Transnet en 9 hawens sorteer daaronder.

 

Ystererts, steenkool, mangaan en petrolium word in die hawens verskeep.  Durban is die besigste hawe aangesien motorvoertuie hier verskeep word.

 

Kapt. Quintin Brink, Estelle du Plessis en Dirkie van Schalkwyk

 

SFF, die opgaartenks vir olie is die 2de grootste in die wêreld en ‘n nuwe aanleg is daarvoor in die Saldanhahawe gebou met onderwater pypleiding.

 

Die LPG terminaal bevat ook ‘n onderwater pyplyn en oor land na Sunrise Energy waar gas opgegaar word.

 

Mannekrag is 248 persone.  Personeel word internasionaal in Durban en Kaapstad opgelei en teruggebring na Saldanha vir intensiewe en praktiese opleiding.

 

Groei in die hawe vind steeds plaas en ‘n kaai word beplan vir die bespoediging van sake nl. IDZ.  ‘n Basis vir die verskaffing van voorraad vir skepe word beplan.

 

Daar is ‘n Liquid Bulk area waar die vloeistof in gas verander word.

 

Geen verdere mosselplase sal toegeken word in die hawegebied nie, omdat die kapasiteit bereik is.

 

Die ysterertshawe moet voldoen aan standaarde wat elke 3jaar verskerp word.  Regulasies word uitgereik en daar moet daaraan voldoen word.  60 miljoen ton ystererts word hier hanteer

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

See Tema

 

 

 

 

 

 


Die Openbare Sake groep

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Estelle wens  Langebaan geluk met pryse gewen by die Konferensie

Post a comment

7 + 8 =