Langebaan deel pryse uit

 

Langebaan deel pryse uit

Posted by VLV in Langebaan Tak, News 05 Nov 2014

Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Beriggewer: Charlotta van Eeden
Datum: 5 November 2014

 

Die spreker Rykie Cullinan – eienaar van The “C” spot koffiewinkel in Langebaan.  Rykie lewer ‘n spraakprogram met ‘n kinkel.  Daar word afgeskop met ‘n Kaapse Klopse Keurspel.

 

Die tema van Rykie se aanbieding is: ons lewe in ‘n legkaart.  Daar word met ons gedeel hoe belangrik die verskillende stukke van elke mens se legkaart is.  ‘n Legkaart is jou beeld in jou kop, jou eie patroon.  Party is vol mense, blomme, patrone, teksture, musiek, ens.
Rykie se legkaart is baie lewendig. Daar word voortdurend daaraan gebou en verander.  Dit neem ‘n leeftyd om jou legkaart te bou. Sorg dat jou legkaart ware wysgere in het, vol kleur.  Almal se legkaarte verskil van mekaar. Party het baie meer stukke in as ander.
Hoe nader die einde kom, hoe lekkerder raak dit en hoe vinniger bou jy aan
jou legkaart.  Jy bou tot die laaste sukkie in plek val.  Hou die groter prentjie in die oog – jou droom.
Gebruik jou vrou met visie om jou eie legkaart te bou.

Sy lees vir die dames voor uit: Lizz Meiring se “Die Beste van Bizzie Lizzie” en uit Jeanne Goosen se “‘n Gelyke kans”
Rykie sluit af met ‘n gedig uit “Phenomenal Woman” deur Maya Angelou.

Post a comment

two × four =