Kweek van wortelsaad

 

Kweek van wortelsaad

Posted by VLV in Laingsburg Tak, News 20 Jun 2014

Sirkel: Worcester
Tak: Laingsburg
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Francia Fourie
Datum: 19 Junie 2014

Wortellande in die koue van die Karoo.

Wortellande in die koue van die Karoo.

Op 19 Junie 2014 het die vrouens van Laingsburg tak die koue trotseer en almal koers gekies na Sonnie en Isa Basson (voorsitster) se plaas, Rietvlei, wat genestel lê onder die Swartberge teenaan die Seweweekspoort, vir Isa se vergadering in Landbou en Tuinbou. Met die aankomslag het die sneeuvlokkies liggies geval, maar gelukkig was die tee en die lekkerste eetgoed gereed om ons warm te maak.

Sonnie,  wat betrokke is in die Saadbedryf, en spesifiek wortelsaad, het ons toegespreek en meer vertel omtrent die bedryf. Hy doen dit vir ‘n Japanese maatskappy met die naam Sakata van wie hy voorskrifte kry van hoe en wat hulle van die telery verlang, en alles gaan oor die plant van wortels om saad te verkry.

Sonnie, wat betrokke is in die Saadbedryf, en spesifiek wortelsaad, het ons toegespreek en meer vertel omtrent die bedryf. Hy doen dit vir ‘n Japanese maatskappy met die naam Sakata van wie hy voorskrifte kry van hoe en wat hulle van die telery verlang, en alles gaan oor die plant van wortels om saad te verkry.

Sonnie Basson

Sonnie Basson

Saad word in saadbeddings gesaai vir die kweek van wortels wat dan uitgehaal word en weer by produsente geplant word om saad te verkry. Die Groentesaadbedryf is tans groot in die Klein Karoo. Dit is ‘n intensiewe besigheid waarin die spel vandag baie anders is. Bestuiwing vind plaas deur bye, motte en selfs vlieë wat van een saadknop na die ander beweeg.  Daar is  steriele saad (wyfiesaad) en mannetjiesaad. In die verlede was daar al heelwat probleme met die bestuiwingsproses aangesien die bye nie aktief genoeg was nie. By groentesaad is daar geen genetiese manipulasie nie en alles vind plaas deur teling.

Hy het ons na die saadbedding waar die plantmateriaal gekweek word, geneem, asook na die tonnels waar die basissaad gekweek word.

Dit was ‘n baie interessante oggend waarin ons ongelooflik baie geleer het.

Post a comment

20 − nine =