Kuruman VLV wys nuwe Bemarker aan

 

Kuruman VLV wys nuwe Bemarker aan

Posted by VLV in Kuruman Tak, News 27 Oct 2019

Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Beriggewer: Hettie Krüger & Rolien van Noordwyk

Datum: 26 Oktober 2019

 

 

 

 

Kuruman se VLV-tak het pas vir Rolien van Noordwyk (links) as nuwe Bemarker / Media Skakelbeampte aangewys. Rolien wat vir twee jaar in ‘n rolstoel was, loop nou weer self en het op Vrydag 25 Oktober vir die eerste maal weer self ‘n motor bestuur. “Dit is maar net soos fietsry”, sê sy laggend. Sy was vir jare in die onderwys. Sy skrik beslis nie vir ‘n uitdaging nie en praat met groot opgewondenheid oor alles wat sy nog wil aanpak. Hettie Krüger (regs) wat voorheen dié amp gevul het, is oorgeplaas na die splinternuwe Daniëlskuil-tak waar sy nou Voorsitter is.

 

Kuruman VLV wens hul beide alle sukses toe.

Leave a Reply