Kuns met blomme en plante

 

Kuns met blomme en plante

Posted by VLV in Citrusdal Tak 13 May 2015

Sirkel: Weskus
Tak: Citrusdal
Portefeulje: Openbare Sake/Kunste en Handvlyt/Leefstyl
Beriggewer: Jolien Mouton
Datum: 13 Mei 2015

 

 

OuDorp restaurant (Custom)

 
Die tak hou ‘n potpourri-vergadering te Ou Dorp restaurant wat op die plaas Modderfontein net buite Citrusdal is.

 

Annette Neethling,die voorsitter, open  – Bakhand voor God.  Maak nie saak wat ons omstandighede is nie, God laat ons deel in Sy rykdom.

 

 

Citrusdal Primer (Custom)

 
Laas Vrydag die 8ste was die streek se Eistedfod vir die Laerskole.  3 Leerders van Citrusdal Primêr kom dra vir hul gediggies voor.

 

 

Magriet (Custom)

 
Magriet Mouton van Magrietjies Kwekery kom demonstreer  kuns met blomme en plante.  Wenke wat sy gee:  Hou by eenvoud; Daar is nie ‘n rangskikking/blomme-idees wat nie meer in die mode is nie, daar kom net altyd nuwe idees by; Jou blomme hoef nie vars te wees nie, die gebruik van kunsblomme is net so gewild deesdae; tower ‘n gechipte teekoppie of geroeste emmer met ‘n plant of blomme op.

 

 

Minette du Toit (Custom)
Minette du Toit, een van die lede, vertel van die gevare van ‘n virus op ‘n rekenaar.  ‘n Antivirus-program op ‘n rekenaar is baie belangrik.  Moenie aanhegsels op eposse van onbekende bronne oopmaak nie.  As die aanhegsel ‘n prentjie van 3 lêers wat opmekaar lê het, vee die epos onmiddellik uit.  Onthou om gereeld ‘n rugsteun van die leers op ‘n eksterne hardeskyf te maak om te verseker dat inligting nie verloor as daar wel ‘n virus op ‘n rekenaar ontstaan nie.

 

 

Verjaarsdag (Custom)

 
Dit is die tak se 84ste verjaarsdag.  Die erelid, Ina Strydom, blaas ‘n kers dood.

 

Baie dankie vir die personeel van Ou Dorp vir hul gasvryheid!

 

 

 

 

 

 

Post a comment

one + fourteen =