Kuns is terapeuties

 

Kuns is terapeuties

Posted by VLV in Britstown Tak, News 10 May 2018

 

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Britstown

Portefeulje:   Kunste en Handvlyt

Beriggewer:  Sunel van Rensburg

Datum:  9 Mei 2018

 

Die waarde van kuns is dat dit individue help om te ontspan, self-uitdrukking te verleen en om die lewe te ontdek en te verbeter.

 

Die 82-jarige dr Esther Mahlangu is geen vreemdeling om Suid-Afrika wêreldwyd te verteenwoordig met haar unieke kuns, kultuur en entrepreneurskap nie.  Sy is ‘n kulturele ambassadeur wat haar Ndebele-erfenis uitbeeld.  Sy ontvang op 9 April 2018 van die Universiteit van Johannesburg ‘n ere-doktorsgraad vir haar skeppende werk.

 

Musiek bring genesing vir die siel.   Dit is ‘n universele taal en is iets waarmee elke mens se siel kan identifiseer.  Musiek maak oefeninge makliker.  Dit is medisyne vir die siel.  Musiek bring mense  bymekaar.  Dit is die medium wat almal verstaan en dit gee die mens die moontlikheid om ʼn energie oor te dra wat nie andersins moontlik is nie.  Musiek is die weg om jou breinkapasiteit te vergroot.  Navorsing  oor die verband tussen musiek en intelligensie het bevind dat musiekopvoeding kinders se abstrakte denke merkbaar verbeter.

 

Kuns word baie veralgemeen met die feit dat dit net teken en skilder is, maar daar is baie vorme en voorbeelde van kuns.  Selfs die landbouer is ‘n kunstenaar in eie reg.

 

Die invloed van enige vorm van kuns het ‘n positiewe uitwerking op kinderontwikkeling – akademiese vermoë verbeter en die kinders kweek ‘n positiewe selfbeeld.  Einstein het ook beweer dat dit wiskunde en wetenskap bevorder.  Hy self was ‘n violis.

 

Dans is ‘n kunsvorm,  die vergadering het geleer Flos dans!

 

 Helen van Heerden, Bonquet Raath en Ideka Visser besig om die flos dans te oefen

 

 

 

 

 

Daar is nie ‘n reg en verkeerd aan kreatiwiteit nie . Om te bewys dat kuns ontspannend en terapeuties is,  is die dag afgesluit  met ‘n heerlike saamverf:   “dot painting” op klippe.

 

 

Dames besig om dot painting op klippe te doen

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  Des Bayley besig om haar klip te verf.

 

Post a comment

two + eight =