Kuns is ‘n Guns

 

Kuns is ‘n Guns

Posted by VLV in Acqua Tak, News 24 Nov 2017

Sirkel: Middelland

Tak: Acqua

Beriggewer: Natania Schmidt

Datum: 22 & 23 November 2017

 

Acqua was op 22 & 23 November 2017 gasvrou vir ‘n fondsinsameling, Kuns is ‘n Guns, ten bate van KANSA (Die Kankervereniging van Suid-Afrika) Oos-Kaap.

 

Die geleentheid het plaasgevind by PEGC (Port Elizabeth Golf Club), waar Acqua ook hul maandelikse samekomste het.

 

      

 

Vyftig Oos-Kaapse kunstenaars het ingestem om ‘n kunswerk, 30cm x 30cm, te skep en te skenk. Ongeteken. Die kunswerke is op 22 & 23 November by PEGC uitgestal en besoekers kon ‘n aanbod van so min as R150 en so veel as R1000 op ‘n kunswerk maak. Dit was ‘n geskrewe veiling. Die persoon met die hoogste aanbod het die kunswerk bekom, met ‘n opsie om die kunswerk te laat teken teen ‘n addisionele fooi. Die gedagte was dat kopers nie ‘n kunswerk sal koop oor die naam van die kunstenaar nie, maar bloot omdat die kunswerk tot hom/haar spreek.

 

Die kunswerke is tydens ‘n skemerkelkie op 23 November aan die mees suksesvolle bieërs (hoogste bod) toegeken.

 

 

Die kunstenaar was geensins beperk of voorgeskryf ten opsigte van die kunswerk wat sy of hy geskep het nie. Daar was geen tema en geen voorskrifte nie. Daar is slegs van die kunstenaar gevra om ‘n kunswerk te skep op die skilderdoek wat voorsien is en om die kunswerk dan aan VLV-Acqua te skenk om opgeveil te word ten bate van KANSA Oos-Kaap. Kunstenaars is nie finansieel vergoed of enige kommissie betaal vir die kunswerk wat hulle geskenk het nie. Die kunstenaars het VLV-Acqua, en uiteindelik KANSA Oos-Kaap,‘n guns gedoen met hulle kuns.

 

Die fenomenale bedrag van R14 000 is ingesamel en kon aan KANSA oorbetaal word. Voorwaar ‘n suksesvolle, sinvolle en baie mooi geleentheid.

Post a comment

9 − two =