Kuilsrivier Hou Huismark

 

Kuilsrivier Hou Huismark

Posted by VLV in Kuilsrivier Tak 31 Jul 2015

Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Portefeulje:  Fondsinsameling

Beriggewer:  Elmine Möller

Datum:  31 Julie En 1 Augustus

 

 

Kuilsrivier het besluit om hierdie jaar iets anders te doen as ‘n fondsinsameling.  Hulle wou nie weer net ‘n teepartytjie of konsert hou nie.  Nadat koppe bymekaar gesit is, is daar besluit om ‘n huismark te hou.

 

 

Dit was ‘n eerste probeerslag en ‘n leerproses.

 

 

Onder die bekwame leiding van die tesourier, Alta Kapp, wat al voorheen markte gereël het en self ‘n entrepreneur is, is die reëlings getref.  Etetia Conradie het ingewillig dat haar huis gebruik kon word.

 

 

Uitstallers is gesoek en almal het bemarking gedoen onder familie en vriende.

 

 

DSC05383 (Custom)

 

 

Alta Kapp het plakkate laat druk en met die Munisipaliteit gestoei en Suretha Joubert, Elmine Möller, Jo Geyer en haar man, Bokkie, het die plakkate teen die lamppale opgesit.  Al die skole en kerke en die plaaslike koerant is gekontak en e-posse en boodskappe is uitgestuur.  Daar is toe net duim vasgehou dat genoeg voornemende kopers bereik sou word.

 

 

DSC05384 (Custom)                                                 DSC05386 (Custom)

 

 

Gelukkig het die weer saamgespeel en kon die besoekers ‘n koppie tee en iets te ete in die teetuin geniet. Heerlike koeke, pannekoek en sop het die mense se monde laat water.

 

 

DSC05407 (Custom)

Etetia Conradie bak lekker pannekoek

 

 

DSC05393 (Custom)                                                DSC05401 (Custom)

 

 

DSC05406 (Custom)

 

 

Daar was iets vir almal se smaak.  Van jasse, truie, eetgoed, houtwerk, hekelwerk, eetgoed, juweliersware, ingemaakte produkte, boeke, skilderye tot 2de handse ware.  Elke hoekie in Etetia se huis is as uitstalruimte gebruik.

 

 

Dit was ‘n eerste, maar dalk nie ‘n laaste nie.  Op so ‘n span VLV lede kan ‘n mens voorwaar trots wees.  Almal het heerlik saamgewerk en gekuier.  Dankie Kuilsrivier en die gemeenskap vir die ondersteuning.  Dit het ook weer die publiek van die VLV se bestaan bewus gemaak.

Post a comment

four × five =