Kuilsrivier se Boomplantgeleentheid

 

Kuilsrivier se Boomplantgeleentheid

Posted by VLV in Kuilsrivier Tak, News 04 Oct 2011

Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Elmine Möller

Vir ons jaarlikse Boomplantgeleentheid het Kuilsrivier tak ‘n Rooiessenhoutboom geskenk aan die N.G. Kerk Kuilsrivier Suid. Die boom is op Sondag 25 September 2011 op die kerkterrein geplant.

 

Dit was die eerste van vele bome wat aangeplant is in ‘n familietuin wat op die kerkgronde begin is.

 

In 2010 is ‘n boom by Kuilsrivier N.G. Moedergemeente geplant. Ons beoog om elke jaar by ‘n ander kerkgebou in Kuilsrivier ‘n boom te plant

Die boom is vooraf aan Ds. Hennie Du Pisanie oorhandig deur: Mev. Marlene Lotz (Voorsitter), Suretha Joubert (Sekretaresse), Elmine Möller en Anita de Villiers.

Post a comment

7 − three =