Kuieroggend by Skou

 

Kuieroggend by Skou

Posted by VLV in Victoria-Wes 14 Feb 2015

Tak:  Victoria-Wes

Sirkel:  Noord-Karoo

Portefeulje:  Kuieroggend

Beriggewer:  Elize Perrin

Datum:  14 Februarie 2015

 

 

Ongeveer sestig gaste het op Valentynsdag die geleentheid gehad om na Sheri Brynard, van Bloemfontein, te luister. Sheri het Down sindroom, maar leef haar volle potensiaal uit. ‘n Verkorte weergawe van haar CV beslaan 10 bladsye wat ‘n toespraak by die VN insluit. Sy het ook al twee keer in Binnelanders opgetreeen dit is iets wat sy as een van die hoogtepunte in haar lewe beskou.

 

By genoemde geleentheid het haar ma, Suzette, genoem dat ‘n mens die pakkie moet aanvaar wat die Here vir jou gee:  Hy los jou nie alleen nie.  Reeds in die hospitaal het sy vir die Here gevra dat Sheri eendag tot haar volle potensiaal moet ontwikkel.

 

Sheri het onder andere aan die gaste vertel dat sy swaar leer, maar nooit moed opgegee het nie.  Sy is die enigste Down sindroom persoon in SA wat ‘n tersiêre diploma ontvang het.  Sy is tans assistant-onderwyser by Lettie Fouche skool in Bloemfontein.  Sy het aan die gehoor vertel dat haar ma kleintyd aan haar gesê het om te kyk wat “normale” kinders doen en hul te na-aap.  Tot groot vermaak van die gaste het sy genoem dat haar ma definitief nie weet hoe stout gewone kinders is nie!

 

Op ernstiger noot het Sheri ‘n pleidooi gelewer dat gestremdes ‘n kans in die lewe gegun moet word.  Sy het twee kleutertjies ontmoet wie se ouers hul as baba’s by die hospitaal gelos het…

 

SANYO DIGITAL CAMERA

 

 

Dit was voorwaar ‘n verrykende oggend.  Nie eers beurtkrag kon die geleentheid of teedrink daarna in die wiele ry nie.

 

Post a comment

seven − 3 =