Kuier deur die wêreld

 

Kuier deur die wêreld

Posted by VLV in Despatch Tak, News 26 Oct 2019

Sirkel: Middelland

Tak: Despatch

Beriggewer: Moniques Büchner

Datum: 26 Oktober 2019

 

VLV Despatch bied Intertak 2019 aan. Wat ‘n ongelooflike dag. Die tema is Kuier om die Wêreld waarvan ons 5 lande uitbeeld nl. Australië (Carpe Diem), Bahamas (Malmaison), China (Despatch), Pharaguay (Hanekam) en Spanje (Alexandria). Al die takke het voluit deelgeneem.  Kompitisies het bestaan uit ‘n Landsvlag wat gemaak moes word; nasionale dier gebrei of gehekel; Foto van land se blom; Woordkuns – 100 woorde oor ‘n besienswaardigheid van die land. Laaste maar nie die minste nie, was ‘n tradisionele gereg van die land.

Chinese kos nl. Hoender Chow Mein, Egg foo young, soetsuur hoender en Chinese rys was voorgesit met heerlike strikdassies en roomys vir nagereg.

 

 

 

 

Sprekers by Intertak was Monique, ‘n  dame wat vir 8 maande in China gewoon het en haar ondervinding met ons kom deel het. Lynette Martin wat die Camino in Spanje in September gestap het, het haar ervarings gedeel. Moniques Büchner,  voorsitter, doen ‘n klein demonstrasie met doilies om lede te inspireer om ‘n geskenkie, pakkie of mooi  kaartjie te maak. Marius de Vries gesels met die dames oor CANSA.

 

Lynette Martin

 

 

 

 

 

 

 

 

Alexandria – (Spanje) het ons verras met 2 spaanse danse deur 1 van hul lede. Carpe Diem – (Australië) het almal dieselfde aangetrek en het die nasionale blom op hul tafel as versiering gehad. Alexandria-Spanje -het hul Angeliereas tafelversiering gehad. Alexandria ontvangdie  beker vir kreatiwiteit. Hanekam ontvang beker vir deelname. Algehele Intertak 2019 wenner in ons groep was Carpe Diem.

 

 

 

 

 

 

 

Baie geluk aan al die pryswenners van 2019. Ons Intertak 2019 was ‘n groot sukses.  Despatch sluit Intertak af met ‘n heildronk op hul 85ste verjaardag. Moniques en Suzette sny die koek en daar word feesgevier. Koek is gebak deur Suzette Schoeman wat die wêreld met sy 5 lande saam met Suid Afrika uitbeeld. Daar is ‘n vliegtuig, asook ‘n reistas wat al die herinneringe van 85jaar uitbeeld.

 

 

 

 

 

 

 

Despatch

 

Malmaison

 

   

Hanekam

 

 

 

Carpe Diem

 

 

Alexandria

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  • Susanne le Roux November 1, 2019 at 5:10 pm / Reply

    Wel gedaan!!
    Kuier deur die wêreld is n baie goeie idee! Alexandria se Matador is n wenner!!!

Leave a Reply