Kreatiwiteit het geen perke

 

Kreatiwiteit het geen perke

Posted by VLV in News, Wellington Tak 20 Apr 2018

Sirkel:  Paarl

Tak: Wellington

Portefuelje: Kuns en Handvlyt

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 19 Maart 2018

 

Dames van Wellington het weer die geleentheid gehad om vrye teuels aan hulle kreatiwiteit te gee. Alle benodighede is voorsien om ‘n heerlike oggend van pret te hê.  Melkbokse is met geskenkpapier en prente versier om as blompot te gebruik.  Die kuns om papier-rose te maak, wat as versiering op geskenke gebruik kan word, is aangeleer.  Dames het ook die deksel van hul houer waarin koekies of beskuit gepak is, versier.

 

Die lagspiere is ook geoefen saam met ‘n storie van Jan Spies.  Lidmaatskapknopies, as erkenning vir jare se getroue lidmaatskap en diens, is uitgedeel.  Die dames het ‘n oggend van saam-lag en saam-doen geniet.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment

sixteen + 19 =