Kreatiewe middag op Gouritsmond

 

Kreatiewe middag op Gouritsmond

Posted by VLV in News, Voëlvlei Tak 27 Sep 2017

Sirkel: SWD

Tak: Voëlvlei

Portefeulje: Kunste & Handvlyt en Leefstyl

Beriggewer: Elize Locke

Datum: 26 September 2017

 

 

VLV Voëlvlei het op 26 September 2017 ‘n leersame byeenkoms gehad op Gouritsmond.  Die tafels was getooi in vrolike kleure vir die lente.

 

Tafelloper en blomme

 

 

Hanlie Venter vanKoffiestories op Gouritsmond het ‘n demonstrasie gelewer van hoe om ‘n kersboom van keëls te maak en daarna met gegomde tou te bedek.  Die boompies kan in verskillende groottes gemaak, word, afhangende van waar jy dit wil gebruik – kleineres vir tafelversierings of grotes vir ‘n fokuspunt in jou vertrek.

 

 

 

 

Daarna wys Hanlie hoe om klein vetplantjies op ‘n turksvyblaar oor te plant.  Die blaartuin kan as geskenk aan iemand gegee word, veral in ‘n omgewing waar daar min vars blomme beskikbaar is.

 

 

Vetplanttuin

 

 

 

Elmarie Engelbrecht (ons spoeg en plak juffrou) het stapsgewys verduidelik hoe om klein lap-engeltjies te maak uit afvalmateriaal wat in hartvorms uitgesny is.  Die dames het die geleentheid gekry om hieraan mee te maak en ‘n paar oulike engele (party met woeste rooi hare) het gestalte gekry.  ‘n Oulike en goedkoop kersversiering.

 

Van die engeltjies.

 

Dames wat hul eie engeltjies maak

 

Rika de Villiers het vyf verskillende “toppings” vir kolwyntjies gedemonstreer.  Sy het geen versiersuiker gebruik in die mengsels nie.  Van ‘n tropiese smeer en melkpap tot ‘n dadelsmeersel.  Die dames kon tydens teetyd self van die smere proe.

 

Elsa van Bruggen het ‘n boekeuitstalling gehou wat ‘n wye veld van verskillende kunste en handvlyt gedek het.

 

Laastens het Elize Pienaar die dames vermaak met ‘n grappige vertelling van ‘n student wie se kurses elke jaar met nog ‘n jaar verleng is omdat dit so ‘n ‘belangrike’ kursus was en hoe hy sy ouers jonk moes hou om vir hom te bly betaal.

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment

seven − 5 =