Kreatiewe kwaliteit

 

Kreatiewe kwaliteit

Posted by VLV in News, Willowmore Tak 21 May 2014

Sirkel: Middelland

Tak: Willowmore

Portefeulje: Landbou & Tuinbou /  Leefstyl

Beriggewer: Jackie Barnardt

Datum: 20 Mei 2014

Voor ‘n kreatiewe winkeltjie in De Rust.

 

De Rustica Olive Estate

Willowmore tak besoek De Rustica Olive Estate wat geleë is diep in die Swartberge in die Suid-Kaap tussen De Rust en Oudtshoorn. De Rustica het trippel goue toekenning ontvang en vervaardig slegs die beste kwaliteit Extra Virgin Olyfolie. Die olyfplaas het in 2005 tot stand gekom deur entrepreneurs wat ‘n passie vir olyfboerdery en groeiende besigheid het. Die eerste kommersiële oes is in 2012 gelewer. (http://www.derustica.co.za/) De Rustica het ‘n “state of the art ” ALVA LAVAL verwerkingsmasjien geïnstalleer en die olywe word met die hand gepluk en binne 3 ure verwerk. Dit verseker olyfolie van hoë kwaliteit.

Alma Fouché, Anthony Still, Besturende Direkteur  van De Rustica, Andra Korff,  Hermie Baartman.

 

Werk Op Werf

Ons besoek ook “Werk Op Werf” van Freda Schoeman. Die plaas is geleë 5 km vanaf De Rust op die  R310. In 1998 het Freda begin met ‘n kreatiewe werk-projek en dit het geëindig in ‘n suksesvolle besigheid met 10 permanente werkers. Freda kombineer haar liefde vir woorde en materiaal en die eindresultaat is ‘n verskeidenheid van produkte wat sy versprei na ±100 geskenkwinkels in Suid Afrika. Van die produkte is kussings, boeke, vatlappe, teenette en lekkers in kreatiewe verpakking met toepaslike rympies. Haar hart kom affie plaas en daarom is dit vir haar lekker om te doen wat sy wil en waar sy al die plaasdiere kan sien. (http://www.werkopwerf.co.za/)

Freda Schoeman , Andra Korff, Riëtte Fourie, Hermie Baartman.

Post a comment

5 × 2 =