Kreatiewe afskop vir 2019

 

Kreatiewe afskop vir 2019

Posted by VLV in News, Wellington Tak 25 Jan 2019

Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefuelje: Leefstyl

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 24 Januarie 2019

 

Wellington-tak se Naaldwerk-dames het die jaar se bedrywighede op ‘n kreatiewe en inspirerende noot afgeskop.

 

Wilma Busse van die “I love Sewing”-akademie in Wellington het die dames kom inlig oor haar naaldwerkskool en besigheidsgeleentheid.  Naaldwerk is ‘n vaardigheid wat besig is om te kwyn omdat dit nie meer by skole aangebied word nie.  Dit was die rede vir die ontwikkeling van ‘n kursus.  Die kursus het gegroei tot ‘n tweeledige konsep waar dames die besigheid kan koop en self mense oplei, sowel as ‘n komponent waar dames plaaslik opgelei kan word.  Die kursus is vir oud en jonk bedoel.  Die skool op Wellington het verlede jaar 60 leerders gehad en spog tans met ‘n leerder wat 6 jaar oud is tot dames van 65jaar.  Die kursusse is op 4 vlakke met verskillende vaardighede wat geleer word op elke vlak.  Alles wat geleer word, is gemik daarop om die dames die toerusting te gee om geld te kan maak met die item of vaardigheid.

 

Die oggend is verder ingekleur met ‘n komiese voorlesing oor die ouderdom, ‘n heerlike marktafel en ‘n lootjie van handgemaakte items wat gewen is.

 

 Jaunita Loubser, Liezl Fortuin, Karen Barnard en Wilma Busse

Post a comment