Kreatief met Tafels

 

Kreatief met Tafels

Posted by VLV in Upington Tak 05 Mar 2015

Sirkel:  Noordwes Kaap
Tak:  Upington Tak
Portefeulje:  Leefstyl
Beriggewer:  Magda Le Roux
Datum:  5 Maart 2015
 

upington2 (Custom)

 

Upington VLV het hul leefstyl vergadering onder leiding van Nerina Brown op 5 Maart gehad.  Adri van Wyk het kom wys hoe om met dit wat in jou huis is kreatief tafel te dek.  Sy dek tafel met ‘n Franse aanslag, ‘n romantiese tafel met blomme en kerse en ‘n tafel met meng en pas met dit wat tot jou beskikking is.

 

upington1 (Custom)

Nerina Brown en Adri van Wyk by die gedekte tafel.

 
Nerina gee wenke nl:  sit albasters in jou kastrol om te verhoed dat jou konfyt aanbrand. Gebruik ‘n spykerhouer vir blomme rangskik om die skil van waatlemoen te prik vir die kook van konfyt stukke.

 

upington (Custom)

vlnr   Magda le Roux, Rina Brink, Helene Kriel, Corrie Botha en Joey Neethling ontvang pryse vir hul kompetisie deelname.

 

Tydens die jaarlikse prysuitdeling ontvang Corrie Botha die wissel trofee vir die meeste punte en Rina Brink het die tweede meeste punte.

upington3 (Custom)

Mevv Helene Kriel en Babsie Strauss. Hul was albei in die hospitaal,  maar die lede is bly dat hul weer met ons is.

Post a comment

nineteen − two =