Kreatief met blomme

 

Kreatief met blomme

Posted by VLV in Mimosa Tak, News 19 Jun 2014

Sirkel: Kalahari
Tak: Mimosa
Beriggewer: Erika Linde
Datum: 18 Junie 2014

Op ‘n koue wintersoggend het die dames van Mimosa tak ‘n heerlike leersame demonstrasie gehad oor die blommerangskikking van Konferensie 2015.

Adila Theunnisen het die dames in vervoering gehad met haar wonderlike skeppings. Vir die beginnersklas het sy twee rangskikkings wat musiekinstrumente voorstel gemaak. Sy het gebruik gemaak van verskillende diktes bamboes en ook palmskedes. Ook het sy verskeie tipes droë materiaal gebruik en het die dames regtig geïnspireer met die verskeidenheid van materiaal wat sy gebruik het.

Dan het sy hulle ook verras met 3 rangskikkings van hooftooisels wat sy demonstreer het. Sy het ‘n blok polistireen geneem en daarmee ‘n profiel uitgekerf, wat sy as basis vir die rangskikkings gebruik het! Almal was verwonderd oor hoe begaafd een mens kan wees om so kreatief te dink en wonderlike skeppings saam te stel.

Die hooftooisel met gesig uitgekerf deur Adila Theunissen.

Post a comment

5 × two =