Kos en musiek gaan hand aan hand

 

Kos en musiek gaan hand aan hand

Posted by VLV in News, Suider-Paarl Tak 08 Mar 2018

Sirkel: Paarl

Tak:  Suider-Paarl

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer:  Elsa Hanekom

Datum:  7 Maart 2018

 

Moskou du Toit van die groep Spoegwolf is nie net ‘n musikant nie, maar is ook ‘n sjef met sy eie restaurant, Drum, op Stellenbosch.

 

Moskou se graad 3 onderwyseres, Berta Spangenberg (Leefstyl sameroeper) het hom genooi om met die tak te gesels oor hoe die voedselindustrie die samelewing in Suid-Afrika beïnvloed.

 

Moskou maak al vandat hy 4-jaar oud is kos saam met sy pa.  Hy sê goeie kos en goeie musiek gaan hand-aan-hand.  Romanse en die lewe draai vir hom om kos.

Volgens Moskou het die kosindustrie oor die jare soveel verbeter.  Deesdae maak eetplekke vir alle leefstyle voorsiening, of jy nou ‘n diabeet of ‘n vegetariër, ens is.

 

Kos en musiek spel vir hom romanse.  Selfs ‘n stukkende banjo en koolsop kan “great” wees – dit is wat jy daarvan maak.

Moskou het by verskeie restaurante gewerk voordat hy sy eie restaurant begin het en verduidelik dat dit lang ure en harde werk is.  Hy sê dat ‘n restaurant uit twee kante bestaan, die voorkant waar ‘n stil en rustige atmosfeer geskep word vir gaste en dan die agterkant waar dinge behoorlik warm kan raak met 20 mense wat rondhardloop en skreeu.

 

 

Hy het nou sy eie restaurant geopen en raak emosioneel as hy sien hoe mense sy kos geniet.  Hy wil hê dat kos en musiek mense bymekaar moet bring.  Hy beskryf sy kos as “fine dining met ‘n Moskou twist”.  Niks word weggegooi nie en baie min water word gebruik.  Kos word in hul eie sappe of vette voorberei.  In sy restaurant sal jy altyd ‘n kunswerk voor jou op die bord kry, maar jy sal versadig wees as jy by die deur uitstap.  Hy glo aan natuurlike kos en dat jy elke bestanddeel moet kan proe en dat bestanddele nie teveel verwerk moet word nie.  Hy werk ook graag met eetbare blomme.

 

 

    Elsa Gous, wie die bedankings hanteer het, hier saam met Moskou du Toit.

Post a comment

one × five =